Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Surval Boutique Olive Estate

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Jono B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Exceptional food and service making for a special getaway! Fantastic! Nothing was too much trouble.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christo V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2024

Lekker stil en rustig - ons het die verblyf geniet. Die verblyf was uiters aangenaam. Aandete: My eggenote se Filet was lekker en soos sy bestel het. Ek het Rib oog bestel, maar dit het glad nie aan die verwagting voldoen nie. Gaargemaak soos ek versoek het, maar die snit was swak; omtrent 25% van die vleis was 'n sening. Nie wat ek al by ander restaurante ervaar het nie, en vir die prys verwag mens topgehalte.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Dewet B
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2023

Mooi kamers en restaurant. Mooi kamers en goeie restaurant op pad na Kango-grotte.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Angelica Jooste J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.8
Nov 2022

Pragtige plek met nie die beste diens en restaurant nie. Pragtige plek. Skoon kamers. Restaurant ervaring sleg met amper alles op menu nie beskikbaar om te bestel. WiFi het nie gewerk die hele verblyf nie.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Anton R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2021

Wonderlike plek! Ons sal beslis weer hier kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris V
1 nag
4.4
Jan 2020

Baie lekker. Kamers baie netjies, ontbyt uit die boeke. Bedens baie gemaklik.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Annemarie M
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2019

Mooiste uitsig en vriendelikste personeel. Ons is hartlik ontvang deur die vriendelikste, behulpsaamste personeel. Die restaurant het die mooiste uitsigte en ons kos was smaaklik. Ek was gerus as die kinders self omgeloop het na die speelplekkie. Als in die kamers was netjies en skoon. Ons sal definitief weer daar oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan D
1 nag
5.0
Jan 2019

Gehalte-verblyf. My kamer was netjies en goed toegerus met 'n gemaklike bed, klein yskassie en TV met beperkte DStv-kanale (beeldkwaliteit nie watwonders, maar ek kyk elk geval nie TV nie, so dit het persoonlik nie gepla nie). Die kamer het 'n glasdeur na die aangrensende eenheid gehad en die bure se gesprekke was dalk 'n bietjie te duidelik hoorbaar. Die omgewing is rustig en het pragtige uitsig na die Swartberge. Ontbyt was heerlik en genoeg verskeidenheid met 'n hele paar luukses ook.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johlene D
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2018

Baie aangenaam. Klein dingetjies pla: Die vloere van die storte baie gevaarlik glad, 'n enkele glymatjie opgerol in die handdoekmandjie nie genoeg. Eers wanneer persoon in die stort is, besef jy dis gevaarlik glad. Plaas kennisgewing of plaas permanente glymat in stort. In elk geval sou 'n gas nie verwag dat 'n gastekamer van die gehalte wat dit is, plastiese vloere in die storte sal hê nie. Lawaai deur die nag van aangrensende perseel is lastig. 'n Gasteplek van hierdie gehalte sal nie 'n gas om 14:00 laat wag om te kan inboek nie. Indien wel a.g.v. spesiale omstandighede, sal minstens iets te drinke gratis aangebied word. Ons was dankbaar dat die loft addisioneel beskikbaar was vir ons gas, maar indien dit dien as 'n ekstra gastekamer, behoort dit van 'n dakvenster voorsien te word. Onaangenaam om die hele nag met 'n lugverkoeler en sonder vars lug te slaap. Ondanks hierdie sakies, het ons aangename herinneringe van ons verblyf. 'n Seepbakkie en 'n haak in die stort, sou baie meer gerieflik gewees het.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ina V
1 nag Saam met vriende
5.0
Nov 2017

Ongelooflike lekker naweek. Was ingeteken vanaf Vrydag tot Sondag vir 'n troue. Ek het werklik geen klagtes nie, almal was so behulpsaam, die omgewing so mooi en die kos uitstekend. My enigste aanbeveling sou wees dat die huidige muurproppe vervang moet word met die nuwe Veti-reeks wat onder andere 'n USB-koppelpunt en 'n internasionale sok bevat, en dit kan nie deur gaste weggedra word nie. Sal Surval beslis aanbeveel vir al my vriende en familie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Shanel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R3 454
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R3 454
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 59 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op pad na die Kangogrotte, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbe8a738277d1f8f9c548767217ceb8f5da1d36a3f1cb791adccf3b22ec187b1f609f26560457cc40caf88525e2c1e48b8cc8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 454 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 Road to Cango Caves Buffelsdrift 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.534804 22.235217

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang