Tahiti 15
Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 31 Mrt 2025 tot 6 Apr 2025.
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tahiti, Eenheid 15, North Beach-weg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Tahiti 15 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met 3 slaapkamers. Dit is in die Tahiti-kompleks in die klein oorddorpie, Umdloti, aan die Noordkus van KwaZulu-Natal geleë.
Dié woonstel beskik oor 3 dubbelslaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Daar is ook lugversorging. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, ketel en broodrooster. Die oopplan-sitkamer lei na 'n balkon met sitplek en gedeeltelike uitsigte oor die see. Die kompleks spog met 'n swembad en 'n grasdak-boma en gaste het toegang tot 2 parkeerplekke en braaigeriewe.
Die kompleks is gerieflik geleë naby winkels, restaurante en die strand. Umdloti is net 10 km van Umhlanga af en 10 min. van King Shaka Internasionale Lughawe af. Umdloti is geleë tussen Umhlanga en Ballito en word omring deur suikerrietplantasies en inheemse woude. Umdloti spog met 3 strande, en doendinge sluit visvang, snorkel, duik, voëlkyk en vlieërbranderry in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Corrie Geverifieer
Eiendomme 81
Resensies 240
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Tahiti, Eenheid 15, North Beach-weg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Tahiti 15 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tahiti, Eenheid 15, North Beach-weg, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal