Tanamera Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R536, Sabieweg, halfpad tussen Hazyview en Sabie, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R6 400 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Tanamera is 'n klein, ekslusiewe lodge wat veblyf bied in luukse, romantiese chalets met asemrowende uitsigte. Die chalets staan in 'n stil, luisterryke omgewing. Aandete en ontbyt is ingesluit by die tarief. Ontspan, verkwik jou siel en vier spesiale oomblikke diep in die Laeveld-woud wat oor die Sabieriviervallei in Mpumalanga uitkyk. Ons het 4 sterre en bied pragtige kamers met 'n persoonlike aanslag en fyner details.
Daar is 5 luukse chalets met koninggrootte-beddens met muskietnette, baddens van steen, waterval-stort, kaggel en 'n swembadjie. Die chalets word ook skoongemaak. Die 2 wittebrood-chalets bied oop buitestorte op 'n privaat dek met die mooiste vallei-uitsigte, 'n sitkamer en 'n eetkamer. Elke chalet is afgeleë, privaat en omring deur inheemse bosse. Tanamera is perfek vir romantiese wegbreke.
Die hoof-lodge is pragtig versier en het 'n eetkamer, sitkamer en gerieflike kroeg. Op die hoofdek is daar 'n randvloeiswembad waar jy kan ontspan terwyl jy die uitstekende uitsig oor die Sabierivier-vallei in die verte geniet. Etes word in die hoof-lodge, op die dek by kerslig of in jou eie privaat chalet of op jou dek bedien. Tariewe sluit aandete en B&B in.
Tanamera Lodge is aan die malariavrye oewer van die Sabierivier-vallei geleë en bied luukse akkommodasie en beeldskone Laeveld-uitsigte. Ons lodge is sentraal geleë sodat gaste die Laeveld Panorama kan verken, dit sluit God's Window, die Blyderivier Canyon en Pelgrimsrus in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Janice Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- R536, Sabieweg, halfpad tussen Hazyview en Sabie, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Tanamera Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R536, Sabieweg, halfpad tussen Hazyview en Sabie, Hazyview, 1242, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang