Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tarentilos Country Venue

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 125 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Marianne K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Baie rustig en ongelooflik mooi. Baie mooi en rustige verblyf. Love die groot bome en pragtige tuin.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Susan D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Best breakfast basket. It was lovely and I feel like relaxing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Vic E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Vriendelikke gasheer en tegemoetkomend om te help. Heerlik en rustig in die natuur.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stephan B
1 nag
4.8
Okt 2024

Heerlik. N Baie rustige landelike plek met pragtige wildlewe wat tussen eenhede rondloop. 'n Mens kan heerlik ontspan en rus hier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Johan W
1 nag
4.8
Sep 2024

Rustige atmosfeer en netjiese omgewing. Waarde vir geld en sal plek aanbeveel. Rustige atmosfeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Andries P
1 nag
4.6
Apr 2024

Rustige atmosfeer. Ek het baie lekker gebly.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

John W
1 nag Gesin met klein kinders
4.6
Feb 2024

Will stay again. Nice place, very quiet.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Severus N
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Okt 2024

Was lekker onder omstandighede. Kamer nr 7 se matras was baie ongemaklik. Geen slaap ingekry nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Charnie J
Kort verblyf
3.8
Okt 2024

Die area buite is pragtig. Die eenhede is netjies maar verouderd, bedompig, warm. Kamers ruik bedompig. Toilet ruik na urine. Kussings ruik bedompig. Geen waaiers, geen ligverkoeling. Mattrasse deurgelê.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Magdil
Tarentilos Country Venue
Goeie middag Charnie Dankie vir jou terugvoering. Baie bly julle het die area geniet en ons Chalet eenhede netjies gevind. Moet se dit was 'n baie warm naweek gewees en die humiditeit in die Laeveld is baie hoog. Sou julle die venster toegehou het gedurende die dag wat julle uitgegaan het, sou daar nie ventilasie gewees het nie. Daar is 2 muurwaaiers, een in die kamer en een in die leefarea. Vriendelike groete MD

Madeleine H
1 nag Gesin met tieners
2.8
Mei 2024

Nie weer nie! Ons het laat arriveer. Ontvangs was vriendelik en het ons aanwysings gegee na restaurante. Ongeveer 22:00 terug by die kamer gekom en toe eers gesien hoe die plek eintlik binne lyk nadat ons gaan eet het. Vensters is oop gelos en ons moes hard trek om dit te probeer toemaak. Dit hak vas en ons was bang die venster breek, so gesukkel was dit om die venster toe te maak. Daar was 2 groot spinnekoppe in die kamer en klomp goggas a.g.v. die oop vensters. Daar was ook merke teen die mure van vorige goggas en spinnekoppe wat doodgeslaan is en net so gelaat is. Vloere was vuil en lyk nie asof die kamer onlangs uitgevee of gewas is nie. Beddegoed was skoon oorgetrek, maar daar was vlekke op die wit beddegoed. Ek kan sien dis ou vlekke wat nie meer uitkom nie. Daar was ook hare op die bed. Ek neem aan dit was van die skoonmaker wat dalk die bed opgemaak het. Die beddegoed het ook erg na chemikalië geruik, so erg dat ek my handdoek oor die kussing moes sit net om te kon slaap. Ons almal het die volgende oggend met 'n hoofpyn opgestaan. Verder lyk die venue mooi en daar is bokkies wat kom groet in die oggende. Kamers kort vir seker aandag en moet nagegaan word voordat gaste inboek.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Magdil
Tarentilos Country Venue
Hallo Madelein, baie bly jy het die bokkies geniet. Dankie vir jou deeglike inspeksie en ondersoeke. Net 'n paar regstellings. Ongelukkig het ek nie beheer oor spinnekoppe en goggas wat rond beweeg nie, maar sal aandag gee daaraan. Ons het 2de graadse teels in en ongelukkig is daar donker merke hier en daar op die teels. Ons kamers se vloere word elke dag skoongemaak! Sommige gaste verkies oop venster en sommiges nie. So, die gaste maak gewoonlik hul eie venster toe en ja, die een venster is bietjie stram, jammer daaroor. Ons beddegoed kon onmoontlik nie na chemikalie geruik het nie. Dit word gewas met Sunlight waspoeier en dan gespoel met Sta-Soft, so ook ons handdoeke. Na opmaak van die beddens word dit liggies gesprei met linnen spray oor die duvet. Jammer dit was vir jou so 'n nare ondervinding want ons te Tarentilos poog daarin om ons gaste gelukkig te hou. Vriendelike groete, MD.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Magdil Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 125

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yamorna 25, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f918b0ff6d1be317f658342257cdffd856e2f9229363943fe13f1545d5c42df577653e0b5b41dbb0364778d6d662074e3f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 125 5 1 5 Yamorna 25 Tzaneen 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -23.846083333333 30.188388888889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang