Tembe Elephant Park & Lodge
- Kapasiteit: 42 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Tembe Olifantpark, Kwa-Tembe, Kwa-Ngwanase, n/a, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 980 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
By Tembe Elephant Park & Lodge kan jy die majestueuse groot tande van Suid-Afrika in al hul glorie ontmoet. Die lodge is in Maputaland geleë, in die noord-oostelike deel van KwaZulu-Natal. Tembe is die tuiste van 'n verskeidenheid wild insluitend die Groot 5 en dit is ook terloops 'n voëlkykparadys. Hier kan jy die beste van twee wêrelde geniet met die manjifieke nasionale wildpark (wat bestuur word deur die KZN-natuurbewaring/KZN-wildbewaring) en die persoonlike diens van die privaat lodge.
Die lodge bestaan uit luukse en suite-tentverblyf, 'n plonspoel en 'n opelug-kampvuurarea. Kulturele ervarings sluit in: Zoeloe- en Thonga-danse of selfs 'n besoek aan die plaaslike sangoma!
Tariewe sluit verblyf, alle etes, tee en koffie, 2 daaglikse wildritte en pendel na en van die wildkykplekke gedurende die dag in.
Die Groot 5 het hul tuiste hier gemaak - die leeu, luiperd, swart- en witrenoster en buffel asook meer as 340 voëlspesies en 'n swetterjoel ander diere en plante. Dit is 'n wêreld van warm stilte en wit sand, waar die besige moderne lewe tot stilstand kom.
Tembe Olifantpark is 'n plek van hartlike Afrika-gasvryheid, klassieke safari-kos en wêreldgehalte, persoonlike diens. Dit is waar jy die Afrika sal vind waaroor die stories en legendes praat, 'n plek van avontuur en mites.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Pearl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Tembe Olifantpark, Kwa-Tembe, Kwa-Ngwanase, n/a, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Tembe Elephant Park & Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 42 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Tembe Olifantpark, Kwa-Tembe, Kwa-Ngwanase, n/a, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering: