Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Nedersetting Nieuwoudtville

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Voortrekker- en Nassau-straat, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 590 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Hierdie manjifieke, oorspronklike sandsteengebou in Nieuwoudtville het 'n hartlike atmosfeer. Ons geskiedenis reik sover terug as 1897 toe Mnr. Watermeyer, die plaaslike landmeter, die eerste nedersettingsbaken hiér kom plaas het.

Die Nedersetting is in Nieuwoudtville geleë en bied 5 elegant versierde en suite-kamers, elkeen met 'n privaat ingang. Die kamer is smaakvol en gerieflik gemeubileer en wit perkallinne en vars handdoeke word voorsien. Elke kamer bevat geriewe soos elektriese komberse, verwarmers en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Volledige ontbyt word ingesluit by die tarief en word in die restaurant bedien. Gratis WiFi is in Die Nedersetting Restaurant beskikbaar.

Die restaurant is reg langsaan die gastehuis geleë en bied 'n a la carte-spyskaart, 'n volledig gelisensieerde dameskroeg en 'n heerlike warm kaggel. Die restaurant bedien ontbyt en 'n wye verskeidenheid disse gedurende die dag. Ons spyskaart bevat gunstelinge soos jafels, bobotie, potjiekos, lamsboud en stukkonfyt, sowel as tuisgemaakte sop en brood. Vir die soettand het ons 'brownies', kaaskoek, appeltert, suurlemoenskuimtert en warm malvapoeding. Die kroeg bied 'n uitstekende wynlys van die wynlandgoedere in die omgewing.

Ons het ook konferensiegeriewe vir tot 30 afgevaardigdes. Spesiale geleenthede en funksies kan ook gereël word.

Die Nedersetting is die ideale plek om net te ontspan. Kom geniet ons hartlike gasvryheid.

Kenmerke

Afrikaans
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hennie K
5.0
Lekker gebly - met al die bederf. Die verblyf by Die Nedersetting was 'n hoogtepunt in ons blommekyk vakansie. Die personeel was só vriendelik en het ...
Sien meer
Sep 2024
Christoff S
5.0
Aan te beveel. Pragtig mooi, skoon en netjies. Vriendelike personeel en heerlike kos! Sal beslis aanbeveel.
Aug 2024
Anna-maria F
Saam met lewensmaat
5.0
Puik! Uitstekend! Wow! Wow! Wow! Wow! Alles absoluut uitstekend. Ons het verskriklik lekker gebly. Kamer het alles wat jy nodig het: lugversorging, el...
Sien meer
Aug 2024
Deon H
Saam met lewensmaat
5.0
Huislik, heerlike kos, gasvryheid. Het soos die huis gevoel, baie vriendelike gasvroue, kos en diens was uit die boeke.
Aug 2024
Willem S
Saam met vriende
5.0
Great convenient stay. Wonderful stay, Wessie was great and attended to all our requirements. She went the extra mile for dinner when o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Wessie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 80

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hoek van Voortrekker- en Nassau-straat, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • Gaste dink The Nedersetting Nieuwoudtville het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Nieuwoudtville Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 590
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 590
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Voortrekker- en Nassau-straat, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczNjBjNDJiLWNiODMtNDIwNi05NDg4LWY5ZTc4MjUzZmJmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 80 5 1 5 Cnr of Voortrekker and Nassau Streets Nieuwoudtville 8180 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -31.378835523313 19.11418510384

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang