Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

The Blue Bungalow

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thomasstraat 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Blue Bungalow bied gerieflike oornagverblyf in Gonubie, Oos-Londen. Dié verblyf is gerieflik naby die strand geleë en spog met 'n gedeeltelike see-uitsig vanaf die stoep, wat dit die ideale keuse vir 'n seevakansie maak.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede gebied. Die eerste eenheid het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en die leefarea het 'n dubbelslaapbank. Die skuifdeure lei na 'n privaat stoep wat buitemeubels en braaigeriewe het.

Eenheid 2 het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Albei eenhede het 'n platskerm-TV en gratis WiFi. Hierdie verblyf gebruik sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ronél O
5.0
Kos vir 'n moeë siel. Ek het elke oomblik geniet. Marzelle is 'n uitstekende gasvrou. Die eenheid is baie stylvol en slim toegerus met alles (en meer)...
Sien meer
Mrt 2025
Sulette C
Besigheidsreis
5.0
Baie aangename gasvrou. Skoon, netjies. Baie ekstra's in kamer soos vrugte ens. Baie oulike eenheid vir oornag. Goed ingerig! Baie ekstra moeite met e...
Sien meer
Mrt 2025
Elmar V
Besigheidsreis
5.0
Het oornag na 'n lang dag se werk en was amazing. Hierdie was nog die beste en mooiste blyplek wat ek in gebly het in 3 jaar van reis. Alles baie netj...
Sien meer
Mrt 2025
Alan C
Saam met lewensmaat
5.0
One of the best places we have stayed at. Excellent accommodation. We were very comfortable and felt safe. Definitely one of the best p...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Willie D
Gesin met klein kinders
5.0
Netjies en tuis. Ons gesin van 3 het heerlik gebly. Die gashere is baie vriendelik en het ons tuis laat voel.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Marzelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Thomasstraat 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Blue Bungalow het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thomasstraat 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA495f8ec851554b00d89b3fc56f9189f47426e043625c4122fa184d20ad6fb911bf4b96f936f0c58e9a3f936324ca8100acd9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 1 Thomas Street Gonubie 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.940433175298 28.029473917308

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011