The Boatyard Self Catering
Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 9 persone
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Evans-weg 192, Glenwood, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 800R1 530 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Boatyard Self Catering bied gerieflike selfsorgverblyf vir die hele bemanning in Glenwood, Durban. Dié eiendom beskik oor 'n tuin met 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe vir alle gaste om te ontspan.
Daar is 'n opsie van óf die hoofhuis wat 6 gaste kan akkommodeer óf 'n woonstel op die grondvloer met 'n kapasiteit van 3 gaste wat deel. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n oopplan-en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer in die huis het elkeen 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad, dubbelwasbak en toilet. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.
Die woonstel het sy eie ingang op die grondvlak. Dit het slaapplek vir 2 gaste plus 'n ekstra een indien nodig in dieselfde kamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n ekstra enkelbed kan op versoek in daardie slaapkamer geplaas word.
Elke eenheid het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dit het 'n oopplan-sitkamer/-eetarea/ontbytkroegruimte waar gaste hul maaltye kan geniet. Toegang tot beperkte Wi-Fi is beskikbaar. 'n TV is op versoek beskikbaar.
Glenwood is een van die ouer voorstede in Durban, met boomryke strate en parke. Dit is 'n kort entjie se ry na die strand asook maklike toegang tot hoofweë. Die ligging van The Boatyard is naby die skole, verskeie hospitale en die Universiteit van KZN. Gaste kry veilige parkeerplek sowel as parkeerplek van die straat af.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Alan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Evans-weg 192, Glenwood, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Glenwood Berea Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 9 mense
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Evans-weg 192, Glenwood, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang