The Boatyard
Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 11
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Evans-weg 188, Glenwood, 4001, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 200R1 870 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
The Boatyard is 'n bekoorlike, stylvolle selfsorgwoonstel in Glenwood en is ideaal vir gaste wat wil seil of branderplankry aangesien dit met die eienaars gereël kan word.
Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers. Alle gaste deel 'n badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Indien 'n paartjie 'n bespreking maak, kan hulle 'n kamer kies en dan sal die ander kamer vir veiligheidsredes gesluit word. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die helder oopplan-leefarea is vol natuurlike lig en bied 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel in die kombuis met 'n sitarea en 'n enkelslaaparea vir 'n kind. 'n Komplimentêre peuselmandjie word met aankoms voorsien en gaste het toegang tot gratis, beperkte WiFi.
Daar is 'n stoep met buitesitplek buite die woonstel en gaste het toegang tot 'n Weber-braai wat op die balkon of op die stoep of in die voortuin gebruik kan word. Daar is veilige parkeerplek in die agtertuin.
Die woonstel is op die boonste verdieping van 'n ou, tipiese Glenwood-huis, en dus is daar trappe. Die onderste verdieping word stelselmatig opgeknap, maar is tans afgebaken. Die ou swembad was eens 'n paradys vir paddas, maar is nou gedreineer en gaste moet asb. versigtig wees rondom dit.
Troeteldiere is welkom mits daar vooraf reëlings voor getref is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Alan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Evans-weg 188, Glenwood, 4001, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Boatyard het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Glenwood Berea Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 11
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Evans-weg 188, Glenwood, 4001, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang