The Capital Zimbali
- Kapasiteit: 262 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corkwood-rylaan 5, Ballito, Zimbali Coastal Resort, KwaZulu-Natal, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Capital Zimbali bied luukse kamers wat na die see of tuin front en dis op 'n luukse landgoed met 'n pragtige uitsig oor die Indiese Oseaan. Die oord is maklik bereikbaar en dit voel asof gaste hulself 'n utopiese paradys bevind. Die oord is gewild onder avontuurlustige gaste, gesinne, paartjies, enkelreisigers en sakereisigers. Dis ver genoeg uit die stad sodat gaste behoorlik kan ontspan en die rustige omgewing geniet.
Verblyf word in meer as 100 kamers aangebied en dit wissel van luukse kamers tot tuinwoonstelle met slaapplek vir 2 gaste elk. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed met perkallinne en dit kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word. Daar is ook 'n luukse en suite-badkamer met 'n stort, 'n aparte bad, dubbelwasbak-eenheid, verhitte handdoekrelings, komplimentêre toiletware en badhanddoeke in elke kamer. Die kamers het ook elkeen gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kroegie en 'n TV. Dit bied toegang tot 'n balkon met 'n lieflike uitsig oor die Indiese Oseaan, die hotel se pragtige tuine of die hoofswembad.
Gaste kan by een van die restaurante en kroeë op die perseel hulself geniet. Daar is ook 'n gastesitkamer by die kroeg en gaste het toegang tot komplimentêre WiFi en 'n spa op die perseel. The Capital Zimbali bied 'n verskeidenheid ervarings wat gaste se verblyf onvergeetlik sal maak. Daar is 'n portierdiens en 'n pendeldiens waarvan gaste gebruik kan maak.
Die konferensiesentrum het 5 venues en 2 vergaderingkamers. Daar is ook ekstra plekke, insluitend die restaurant en voorportaal wat as die ontvangs- of koffie-area gebruik kan word. Geriewe sluit oudio-visuele-toerusting in en die ervare funksie-span is beskikbaar om te help.
Gaste kan in die groot tuine wandel of in die swembad afkoel. Daar is ook veilige parkeerplek vir ekstra gemoedsrus.
Die hotel is in die hartjie van die Zimbali Coastal Resort met 'n verskeidenheid aktiwiteite en heerlike kos wat tot 'n ongelooflike ervaring bydra. Gaste sal nooit wil vertrek nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Nicky Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 26
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Corkwood-rylaan 5, Ballito, Zimbali Coastal Resort, KwaZulu-Natal, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Capital Zimbali het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Zimbali Estate Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 262 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corkwood-rylaan 5, Ballito, Zimbali Coastal Resort, KwaZulu-Natal, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang