The Clarendon Bantry Bay
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kloofweg 158, Bantry Bay, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Clarendon Bantry Bay is 'n boetiekhotel met 'n uitsig oor die see, warm gasvryheid en die perfekte windstil ligging in Kaapstad. Dié hotel skuil teen die skiereiland en het een van die mooiste liggings ter wêreld, naby Bantry Bay. Dit is 'n mengsel van elegansie en strandlangse bekoring. The Claredon is net 'n paar minute vanaf die V&A Waterfront, Tafelberg, Kampsbaai, Clifton se strande en die middestad met sy Soho-geïnspireerde winkels en restaurante.
Die meeste van die kamers en suites het sonnige balkonne en 'n pragtige see-uitsig oor Bantry Bay . Elke kamer het 'n groot bed, luukse linne en toiletware, 'n yskassie vol voorraad en vinnige WiFi.
'n Volledige kontinentale ontbyt en middagtee is by die tarief ingesluit en middagete en aandete kan op versoek gereël word. Maaltye kan in die restaurant of op jou balkon geniet word.
Hierdie baie spesiale, gewilde boetiekhotel bied 'n restaurant, kroeg, spa, 2 sprankelende swembaddens, lowerryke tuine, parkeerplek op die perseel en 24 uur-sekuriteit. Lughawependeldienste is ook op versoek beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Kloofweg 158, Bantry Bay, 8005, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bantrybaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kloofweg 158, Bantry Bay, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang