The Grand Yellow Port Alfred
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: West Beach-rylaan, Sandawana 12, Port Alfred, 6140, Oos-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The Grand Yellow Port Alfred bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n woonstel in Port Alfred. Die woonstel is sowat 700 m vanaf die die Blouvlagstrand, Kelly's Beach geleë.
Die woonstel het plek vir tot 6 gaste. Daar is 2 kamers, 'n badkamer, sitkamer, kombuis en balkon met braaigeriewe. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die ander kamer het 2 enkelbeddens en daar is ook 'n 2 enkel-dagbeddens in die sitkamer, sowel as 'n TV met sekere DStv-kanale. Die badkamer het 'n bad en stort en die kombuis is toegerus met die volgende: yskas, oond, stoof en mikrogolfoond, sowel as 'n wasmasjien en strykyster. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Port Alfred staan bekend as die hartjie van die Sonskynkus en is geleë halfpad tussen Gqeberha (Port Elizabeth) en Oos-Londen. Dit is die ideale oornagstop vir diegene wat tussen Durban en Kaapstad reis. Port Alfred spog met 'n pragtige marina en is bekend vir sy natuurskoon, vriendelike plaaslike inwoners en verskeie geleenthede vir watersport. Van die plaaslike besienswaardighede sluit in Royal Port Alfred Gholfklub, Fish River Country Club, asook 43 Air School waar die loodse van South African Airways opgelei word. Daar is ook talle wildreservate in die omtrek, dit sluit in Shamwari Wildreservaat, Addo Olifantpark, asook Sibuya Wildreservaat, gaste kan hier die Groot 5 sien. By Bathhurst, wat sowat 13 km van ons af is, kan gaste ook die groot pynappel gaan sien, dis ongeveer 16,7 m hoog! Dis ter ere van die suksesvolle landbou van pynappels in die omgewing opgerig. Makhanda (Grahamstad) is ook slegs so 55 km van hier af, en dié dorp speel gasheer vir die Nasionale Kunstefees.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Monica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- West Beach-rylaan, Sandawana 12, Port Alfred, 6140, Oos-Kaap
- Gaste dink The Grand Yellow Port Alfred het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beachfront Port Alfred Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: West Beach-rylaan, Sandawana 12, Port Alfred, 6140, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang