Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Hideaway at 88

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
    8 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colwyn-rylaan 88, Christmas Bay, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R5 060 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

The Hideaway at 88 is 'n lieflike huis met see-uitsigte in Christmas Bay, Sheffield Beach, en is stapafstand vanaf die strand wat dit ideaal vir 'n gesinsvakansie maak.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 6 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, asemrowende see-uitsigte, 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n buitestort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, see-uitsigte, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 'n koninggrootte-bed, ingeboude kaste en 'n badkamer met 'n stort in die derde slaapkamer en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde en sesde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens vir kinders.

Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër is in die aparte opwaskamer beskikbaar. Die sitarea en eetareas het oorgenoeg sitplek en 'n kroeg met kroegstoele. Verder is daar 'n slim-TV in die boonste TV-kamer en gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Daar is nog 'n braai-area op die boonste verdieping beskikbaar en die verblyf spog met 'n lieflike tuin en 'n swembad. Veilige parkeerplek is in die oprit beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 6 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

2

1 x Kinderbed vir 2

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Colwyn-rylaan 88, Christmas Bay, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 060
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 5 060
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
    8 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colwyn-rylaan 88, Christmas Bay, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA738883622609d68132ef6e489b15af22b51c1a73de9a12d77f334e84146682cb4a7f3a3596b2dd777db5ab7d76a177abb348?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 060 per nag (plek vir 12) 88 Colwyn Drive Christmas Bay 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.47954 31.259909

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang