The Lazy Lizard Guesthouse
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mendoza-rylaan 3, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 200R1 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Lazy Lizard Guesthouse bied gerieflike verblyf aan vakansiegangers en sakereisigers in Herrwoodpark, Umhlanga.
Daar is 2 kothuise wat apart van die hoofhuis is en elke kothuis het 'n privaat ingang. Elke kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind, en beskik oor lugversorging, dubbelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Handdoeke en linne word voorsien.
Elke kothuis het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Kontinentale ontbyt is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Daar is ook 'n TV met DStv en die leefarea lei na 'n beskutte tuin en stoep met 'n ingeboude braai. Rook in die kothuise is verbode.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die kothuise word daagliks skoongemaak, maar nie op naweke of openbare vakansiedae nie. Troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word.
The Lazy Lizard Guesthouse is net 2 km vanaf Umhlanga se hoofstrand, verskeie restaurante en winkels, en 2,4 km vanaf die Gateway Winkelsentrum en Netcare Hospitaal.
Umhlanga bied verskeie doendinge, soos visvang, snorkel, skubaduik, walvis- en dolfynkyk, 4x4- en voetslaanroetes, gholfbane en verskeie restaurante. Trekpleisters in die omgewing sluit Sibaya Casino & Entertainment Kingdom en die Mr Funtubbles Fabulous Family Fun Fair in.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Mendoza-rylaan 3, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Lazy Lizard Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mendoza-rylaan 3, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang