The River Cottage
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Limerick Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2520, Vrystaat
- Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
River Cottage is 'n privaat plaaskothuis op die oewer van die Vaalrivier aan die Vrystaat-kant, net 20 km van Potchefstroom af. Die kothuis bied rustigheid en 'n regte wegbreekkans.
Dié kothuis is geskik vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuis. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 en suite-badkamers wat elk 'n stort, toilet en wasbak het en die derde badkamer het 'n hoekbad.
Die leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook onbeperkte WiFi beskikbaar. Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Die ligte en sekere muurproppe bly aan tydens beurtkrag.
Gratis koffie, tee, suiker, melk, braaibrikette en toiletware word vir die begin voorsien.
Gaste kan ontspan op die stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die rivier. Die plonspoel is slegs beskikbaar in die somer. Daar is ook massiewe grasperke waar gaste lekker kan piekniek hou of net ontspan en oor die water tuur.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Almie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 45
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Limerick Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2520, Vrystaat
- Gaste dink The River Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Limerick Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2520, Vrystaat