The Shire Eco Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 10:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Erf 158, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
- Vanaf R925 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Shire Eco Lodge is aan die rand van die inheemse Xholora-woud in die Amatolaberge, 10,2 km vanaf Stutterheim geleë. Die lodge bied 'n innoverende ontwerp in 'n manjifieke omgewing en is die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers, avontuurlustiges, sakereisigers en gesinne.
Gerieflike verblyf word in 2 selfsorg-chalets aangebied en is perfek vir paartjies of 'n gesin van 4. Elke oopplan-chalet het 'n koningingrootte-bed of 2 driekwartbeddens, asook 2 slaapbanke vir kinders. Elke chalet het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste het toegang tot hul eie braaigeriewe. Die chalets het treffende hoekvensters met geboë glas waar gaste kan voel asof hulle deel is van die woud.
Daar is 'n aantal restaurante in Stutterheim waar gaste saans kan eet. Verder kan gaste ook plaaslike kunstenaars en galerye, pottebakkerywerkswinkels, die Stationary Engine Museum, en die Old Thomas River Historical Village met sy rotskunsmuseum en toere besoek, of die Mqwali Xhosa Cultural Village verken.
Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit pragtige staproetes na watervalle, Lemonwood-woude, die Andersondam, perdryroetes, voëlkyk, bergfietsroetes, kanovaart op die Gubu-dam, forel- en basvisvang, boogskiet, rotsklim en bouldering, abseil, motorfietstoere, gholf, tennis en muurbal in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Rob Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Erf 158, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
- Gaste dink The Shire Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 10:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Erf 158, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang