Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Shoe Guest House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat R36, 20 km vanaf Ohrigstad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Shoe Guest House word deur The Shoe Ministries besit, 'n nie-winsgewende organisasie wat die wins van die gastehuis gebruik om die woord aan die nasie te verkondig. Verblyf word aangebied op 'n omheinde plaas in die middel van die bosveld en is die tuiste van The Shoe - 'n 12 m lange skoen wat 'n museum en 'n gallery is.

Die instansie maak 80% van sonkrag gebruik en beskik oor 8 aparte chalets waarvan 4 langs mekaar onder een dak geleë is. Dit was 'n groot plaashuis wat nou in 4 aparte chalets omskep is. Die chalets is almal toegerus vir selfsorg en is ruim wat dit ideaal maak vir groot groepe. Die ander 4 klip-chalets is aan die voet van die berg geleë. 2 van hierdie chalets is privaat, losstaande selfsorg-eenhede en die ander 2 is suites. Geriewe sluit 'n badkamer, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

Al die eenhede het net 1 DStv-kanaal en 'n OVHD-dekodeerder, waaiers en privaat braai-areas. Elke kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, 'n stoof en mikrogolfoond. Beddegoed word voorsien, sowel as handdoeke, maar gaste moet daarvoor vra. Daar is ook 'n swembad en 'n pool-tafel waarvan gaste gebruik kan maak.

The Shoe Guest House is besig om "groen" te word en as gevolg van die sonkrag sal geen elektriese verwarmers in die eenhede voorsien of toegelaat word nie. Daar word 1 sak gratis hout vir die kaggels in die klipkothuise voorsien. Ekstra sakke hout kan by die kiosk gekoop word. Alle beddens word ook van warmwatersakke voorsien. Hou n gedagte dat dit 'n probleem vir sommige gaste kan wees. Warm water word via 'n houtvuurdonkie verkry en al die chalets beskik oor gasstowe vir warm maak en kook.

Die Teetuin is tussen 09:00 en 17:00 oop. Ligte maaltye en ontbyt word heeldag bedien. Aandete kan op versoek gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
André R
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige area. Heerlik gekuier. Oulike huisie en baie netjies.
Sep 2024
Frans V
Saam met vriende
5.0
Alles lekker en goed soos geadverteer. Baie lekker oorgeslaap. Stil en rustig. Die swembad het ons gered na 'n lang dag op die motorfietse.
Okt 2023
Eugene V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. The Shoe het hulle eie mensgemaakte grot om te besoek.
Apr 2023
Heleen C
Saam met lewensmaat
4.8
Goed geleë as oornagverblyf oppad na Kruger Nasionale Park of Blyderivier. Ons was aangenaam verras met die hele opset by The Shoe Guest House. Die fe...
Sien meer
Okt 2024
Wouter M
Saam met lewensmaat
4.0
Ongelooflik lekker gekuier en gerus. Skoon, netjies en vriendelike mense. Lekker kos en gerieflike blyplek met alles wat jy nodig het.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Michell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hoofstraat R36, 20 km vanaf Ohrigstad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Gaste dink The Shoe Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 44 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat R36, 20 km vanaf Ohrigstad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAwZGJlOWNjLTRhNzEtNDlhMy1iY2M3LTUxNWUwNDZlNTExZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 49 5 1 5 R36 Main Road 20km from Ohrigstad 1122 Limpopo 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -24.584890330335 30.632645487785

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang