Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Starling

Selfsorg
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Feb 2025 tot 28 Feb 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 51, Shelley Point, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 550 R3 018 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Starling is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis op die rustige Shelley Point-gholflandgoed in die vissersdorpie St. Helenabaai. Die landgoed word deur 3 strande omring, naamlik Stompneusbaai, Shelley Beach en die gewilde Britanniabaai. Die huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat wil wegbreek.

Die huis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die hoofslaapkamer, badkamer, kombuis, eet- en leefarea is bo. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV en 'n oopplan-en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n dubbelwasbak. Die kamer het stapeldeure wat na 'n privaat balkon lei. Daar is 'n kantoorarea langs die hoofslaapkamer. Die kombuis is vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n opwasarea met 'n wasmasjien toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek. 'n TV en 'n gaskaggel. Daar is WiFi. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en stapeldeure wat na die 2 kante van die balkonne lei. Een van die balkonne het 'n onderdak-ingeboude braai.

Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers onder. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Hierdie 2 kamers gebruik 'n badkamer wat 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Daar is 'n dubbelmotorhuis met 'n ingang aan die straat en die hoofhuis se kant.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Kaggel
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Tweedelaan 51, Shelley Point, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Starling het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 550
R 3 550 R 3 018
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 550
R 3 550 R 3 018
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 51, Shelley Point, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA389d23bc4ef48979c991c8433d62a2e73410917f3457c2aab9edb15503b03b5852b88f144421ee7f6b14d4187896f3735f16?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 550 nouVanaf R3 018 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 51 2nd Avenue Shelley Point 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.707773380302 17.975487696295

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang