The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs District-weg D734, Belvidere Plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate is in die ongerepte Karkloofvallei op 'n plaas met 'n lieflike uitsig oor die Karkloofreservaat en weiveld geleë. Dit is ongeveer 24,6 km vanaf Howick en ideaal vir diegene wat 'n rustige wegbreek soek.
The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate bied slaapplek aan 8 gaste en is ideaal vir 2 gesinne wat uit 4 volwassenes en 4 kinders bestaan. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed en gaste deel 2 badkamers. Daar is ook 'n solder-speelkamer vir die kinders. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-huis het 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n eetarea. Daar is ook 'n tweede sitarea wat 'n bietjie versteek is.
Die stoep spog met 'n skilderagtige uitsig oor die rivier. Daar is genoeg sitplek, 'n pizza-oond, vuurput, luukse dagbed, privaat warmbad en 'n buite-sauna.
Die area is ideaal vir bergfietsryers wat op soek is na 'n naweekwegbreek met ongelooflike berguitsigte. Saans sal gaste met die rooijakkals se geroep in die verte insluimer en soggens saam met die koeie se rustige gebulk wakker word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 41
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langs District-weg D734, Belvidere Plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs District-weg D734, Belvidere Plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang