The View in Mabalingwe
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The View-lodge bied verblyf op 'n heuwel in die Groot 5 Mabalingwe-wildreservaat, 'n malariavrye area net 130 km vanaf Pretoria. Dié selfsorghuis spog met ongelooflike uitsigte oor die dam en die berge en is perfek vir natuurliefhebbers of paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. Sien die seekoeie van die stoep af en luister na die leeu se vroegoggend gebrul en die visarend se geroep.
The View bied selfsorgverblyf in 'n lieflike 3-slaapkamerhuis wat 'n maksimum van 6 volwassenes en 2 kinders kan akkommodeer. Die huis is toegerus met 2 lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n romantiese bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en albei slaapkamers het uitsigte oor die dam. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed.
Die huis beskik ook oor 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea, asook 'n buitestort met warm water. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n TV met volledige DStv.
Die huis beskik oor 'n privaat boma vir 'n braai onder die sterre en 'n privaat swembad om in af te koel. Die huis word daagliks skoongemaak en daar is skaduparkeerplek vir 2 motors beskikbaar.
Ons gee graag midweekafslag vir wittebrood- of herdenkingspaartjies!
Geniet 'n gratis wildrit in jou eie voertuig of bespreek 'n wildrit in Mabalingwe se wild-voertuig by ontvangs. Ander doendinge sluit nagwildritte, voëlkyk en perdry in. Mabalingwe bied ook putt-putt, tennisbane, 'n muurbalbaan, 'n pooltafel, 'n kinderspeelkamer, tafeltennis, 'n groot skaakstel en swembaddens, insluitend 2 verhitte swembaddens.
Die plaaswinkel is oop vir besoekers gedurende die dag, en daar is 'n restaurant met dam-uitsigte.
Die View-lodge in Mabalingwe-reservaat is 'n bosveld-ervaring wat jy altyd sal onthou!
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 286
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R516, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink The View in Mabalingwe het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang