The Wild Blue Lodge Safari & Spa
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ndlovumzi Natuurreservaat 56, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R3 700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Wild Blue Lodge Safari & Spa is 'n privaat lodge op 'n verhewe gebied naby die Olifantsrivieroewer met 'n wonderlike uitsig oor die reservaat. Dit is die ideale bestemming vir 'n romantiese wegbreek saam met 'n geliefde aangesien elke eenheid baie privaat is.
Die lodge bied verblyf in 2 unieke kothuise, 'n lieflike dubbelkamer met 'n boheemse tema, 'n wittebroodkothuis of 'n bos-permatent. Elke eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Badhanddoeke en seep word voorsien.
Ander geriewe in die kamer sluit gratis WiFi, 'n haardroër, 'n koffiemasjien, 'n yskassie en 'n kluis in. Ontbyt en 'n driegangmaaltyd is by die tarief ingesluit. Die lodge spog met 'n gemeenskaplike swembad met sonstoele, 'n lapa waar gaste langs 'n oop vuur kan kuier en 'n knus gastesitkamer met 'n TV. Gratis WiFi is in al die eenhede en gemeenskaplike areas beskikbaar.
Die lodge spog met spa-behandelings wat direk met die lodge gereël kan word, en bied wildritte, boswandelings en bergfietsry.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Ndlovumzi Natuurreservaat 56, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ndlovumzi Natuurreservaat 56, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang