The Yellow Butterfly
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ringstraat 7, Drie Riviere, Vereeniging, 1929, Gauteng
- Vanaf R645 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Yellow Butterfly is in Drie Riviere, Vereeniging geleë en bied bekostigbare en veilige gehalte-verblyf vir sakereisigers, familie-besoekers en oornaggaste.
Verblyf word in 4 privaat eenhede gebied. Twee eenhede is privaat gastekamers, elkeen met sy eie ingang en die derde en vierde is selfsorgeenhede.
Die eerste gastekamer het 2 enkelbeddens en die tweede gastekamer het 'n dubbelbed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n slim-TV met YouTube en Netflix, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en breekware.
Die selfsorg-eenheid beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met YouTube en Netflix. Die oopplan-leefarea is geskik vir gesinne en het 'n driekwartbed en 'n enkelbed.
Die Premium Selfsorg-eenheid het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die eenheid het 'n oopplan-sitarea en -eetarea met 4 enkelbeddens en 'n slim-TV met YouTube.
Drie van die eenhede lei na die swembad-area en daar is gemeenskaplike braaigeriewe vir gaste om te gebruik.
Die Premium Selfsorg-eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en het 'n volledig toegeruste kombuis, leefarea en 'n etenstafel. Daar is 5 enkelbeddens, 'n slaapbank en 'n privaat binnehof.
Komplimentêre WiFi is gedurende die verblyf beskikbaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dit is sowat 50 m van 'n 24 uur-geriefswinkel af en lekker naby 'n rits winkels, restaurante en ander besighede. Ander belangrike geriewe is die 24 uur- PnP Express-winkel langsaan die eenheid, Riversquare Winkelsentrum en Midvaal Privaat Hospitaal wat minder as 1 km ver is.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Charl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Ringstraat 7, Drie Riviere, Vereeniging, 1929, Gauteng
- Gaste dink The Yellow Butterfly het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ringstraat 7, Drie Riviere, Vereeniging, 1929, Gauteng