Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Toledo 8

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jacksonstraat 8, Toledo 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 630 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Toledo 8 is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Plettenbergbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek aangesien hierdie woonstel met pragtige see-uitsigte spog.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed; net die hoofslaapkamer het egter 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met stromingsdienste. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met sitplek wat 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis. Alle gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike braai-area in die tuin.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Venita Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 27

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Jacksonstraat 8, Toledo 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 630
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 630
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jacksonstraat 8, Toledo 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3bcc70ff196d4826b6c294ce22814743c2f8309fea0141267c58709261406b5e6961b428c9f574abe8fccb3f9f9b52d2da39?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 630 per nag (plek vir 4) 8 Jackson Street Toledo 8 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.057062 23.371516

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang