Tomkati Lodge
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 13:00 - Adres: Hunters Pride 34 Wildlife Estate, Dinokeng Game Reserve, Pretoria, 0400, Gauteng
- Vanaf R9 990 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Tomkati Lodge is in die hartjie van Dinokeng se Groot Vyf Wildreservaat geleë. Dit is 'n vakansiehuis in Hunters Pride Wildlife Estate en is die ideale opsie vir 'n onvergeetlike wegbreek saam met die gesin en vriende.
Dié eiendom bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die slaapkamers het lugversorging, 'n lessenaar en kasruimte vir gaste se bagasie. Die badkamers het óf 'n bad en 'n stort óf slegs 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Bykomend is daar 'n privaat sjef wat maaltye kan voorberei. Die sit- en eetarea het oorgenoeg sitplek vir ontspanning. Daar is 'n TV in elke slaapkamer en in die sitarea. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot 'n binnebraai, kroegarea en 'n pooltafel.
Buite is daar 'n dek en 'n swembad met 'n pragtige uitsig oor die bosveld. Die huis het ook 'n buitebraai en kaggel met sitplek wat ideaal is vir skemerkelkies. Wildritte is teen 'n ekstra koste beskikbaar en veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Hunters Pride 34 Wildlife Estate, Dinokeng Game Reserve, Pretoria, 0400, Gauteng
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 13:00 - Adres: Hunters Pride 34 Wildlife Estate, Dinokeng Game Reserve, Pretoria, 0400, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang