Tranquillity Guesthouse
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Voorstraat 53, Mokopane, 0601, Limpopo
- Vanaf R820 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tranquillity Guesthouse is in Mokopane en bied gerieflike verblyf aan sakereisigers, gesinne en oornaggaste. Dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Die verblyf beskik oor 6 slaapkamers met slaapplek vir 2 gaste elk. Elke kamer het sy eie ingang, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n TV met DStv, lugversorging, gratis WiFi en 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Ontbyt, middagete-pakkies en aandete is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek agter 'n sekuriteitshek op die perseel. Daar is ook geslote kringtelevisie vir ekstra gemoedsrus.
Besienswaardighede in die omgewing sluit die prehistoriese Makapan-grot, die Arendmusuem en die African Game Breeding Centre in. Die verblyf bied toegang tot die N11 en die N1 na Zimbabwe en die Krugerwildtuin via Magoebaskloof en Tzaneen.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Hester Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Voorstraat 53, Mokopane, 0601, Limpopo
- Gaste dink Tranquillity Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Voorstraat 53, Mokopane, 0601, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang