Tranquillity with Amazing Views
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rue Normandie 27, Montclair, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R4 450 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Tranquility with Amazing Views is in Montclair, Somerset-Wes geleë, met pragtige uitsigte oor die berge, Gordonsbaai en Strand. Die huis is gemeubileer in 'n klassieke styl met 'n tikkie retro.
Hierdie pragtige huis bestaan uit 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, 'n losstaande bad, wasbak en 'n toilet. Hierdie kamer het 'n sitarea en ongelooflike uitsigte oor die berge en omliggende bome. Die ander 3 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en hul eie en suite-badkamer.
Daar is 'n ruim kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is beskikbaar. Die huis beskik oor 2 eetplekke asook 'n 4-sitplek-ontbyttoonbank in die kombuis.
Dié huis het 2 leefareas waarvan een 'n eetarea insluit en die ander 'n kaggel en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale het. Net deur die dubbeldeure is daar 'n kroegarea met 5 sitplekke. Buite beskik oor 'n groot en pragtige tuin met braaigeriewe.
Die huis is 30 minute se ry vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe, 15 minute vanaf Strand en Stellenbosch, 10 minute vanaf die Erinvale Gholfbaan en binne maklike bereik van talle wynplase.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet met bidet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet met bidet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Francois Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Rue Normandie 27, Montclair, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Tranquillity with Amazing Views het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rue Normandie 27, Montclair, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang