Tuscan House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Con Vivier 11a, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Tuscan House is 'n selfsorg-vakansiehuis in die Bay View-area van Mosselbaai, minder as 350 m van die strand af.
Die dubbelverdiepinghuis bied verblyf aan tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 en suite-badkamers met storte en baddens, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n konigingrootte-bed, 'n en suite-stort en -bad. Die volgende slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n en suite-stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Op die boonste verdieping is 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis en binnebraai. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus met 'n stoof, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, en 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het 'n gemaklike stel rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix en Showmax. Gratis WiFi word voorsien.
Parkeerplek is in 'n outomatiese, dubbeldeurmotorhuis beskikbaar. Die huis word gereeld skoongemaak.
Mosselbaai bied verskeie aktiwiteite soos visvang, branderplankry, skemerkelkvaarte, 4x4, bergfietsry, stap- en wandelroetes, asook aktiwiteite soos valskermspring en sandplankry. Gaste kan die Garden Route Casino, die Cape St Blaise-vuurtoring, die Barholomeu Dias Seevaartmuseum besoek, of inkopies doen by die Langeberg Mall.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Nadia Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 48
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Con Vivier 11a, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Tuscan House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bay View Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Con Vivier 11a, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang