Tweede Wind
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Tweede Wind is in die kusdorpie Yzerfontein aan die Suid-Afrikaanse Weskus en word besit en bestuur deur 'n afgetreede paartjie.
Dit is 'n netjiese en skoon, moderne selfsorgwoonstel wat op die grondverdieping van 'n dubbelverdiepinghuis op 'n heuwel is. Die eenheid het wel 'n privaat ingang en bied onbelemmerde see-uitsigte.
Tweede Wind bied slaapplek aan 4 gaste in 2 dubbelslaapkamers. Een van die slaapkamers het 'n enkelkameranneks vir 'n baba. Daar is ook 2 badkamers, 'n oopplan-kombuisie en -leefarea en 'n stoep. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n volledige en suite-badkamer en 'n plafonwaaier. Die woonstel word eksklusief verhuur en sal nooit met vreemde mense gedeel word nie.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n volledige yskas-vrieskas, tweeplaat-induksiestoof met 'n uitsuigwaaier, kompakte lugbraaieroond, mikrogolf, toebroodjierooster, koordlose ketel, eetgerei, breekware, kookgerei en 'n plafonwaaier. 'n Beginpakkie van tee, koffie, beskuit, ys, gebottelde water, brikette en vuuraanstekers word voorsien en daar is ook genoeg skoonmaakmiddels, handewasseep en toiletpapier.
Die gerieflike leefarea het leunstoele, tafels en stoele, draagbare verwarmers en kniekomberse vir die winter, 'n platskerm-TV, volledige DStv en Catch-Up en 'n mediaboks met Netflix, Showmax en YouTube. Daar is ook 'n aantal speletjies, 'n verkyker en onbeperkte WiFi. Die stoep het 2 sonstoele en 'n piekniekbankie. Daar is 'n binnebraai wat met houtskool werk (geen hout mag daarin gebruik word nie) en 'n Weber vir buite.
Veilige parkeerplek vir 1 voertuig, moontlik 2, is beskikbaar op die perseel agter 'n gemotoriseerde hek, andersins kan 'n tweede voertuig in die straat parkeer. Die hele gebou het 'n alarmstelsel met buitesensors en die area word gepatrolleer deur 'n gewapende reaksie-maatskappy en buurtwag.
Aangesien die huis teen 'n helling geleë is is daar 'n stel trappe wat na die woonstel se ingang lei. Om hierdie rede is dit nie rolstoelvriendelik nie en mag dit moontlik nie geskik wees vir iemand wat moeilik stap of beweeg nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Mariaan Geverifieer
Eiendomme 48
Resensies 329
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Tweede Wind het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang