Uccello House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tortoise-straat 305, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Uccello House bied smaakvol versierde en gerieflike selfsorgverblyf in Marlothpark en dis 17 km vanaf die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Dié 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien waarvan gaste gebruik kan maak.
Buite is daar braaigeriewe en 'n lieflike swembad om in af te koel. Vlakvarke, sebras en kameelperde kom groet gereeld en daar is 'n groot verskeidenheid voëlspesies te sien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
2.2/5
Henko Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Tortoise-straat 305, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tortoise-straat 305, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang