Uit-Eindelik
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duikerweg 16, Reebok, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Uit-Eindelik is 'n bekoorlike dubbelverdiepinghuis in die seedorpie Reebok in Mosselbaai en bied gerieflike vakansieverblyf wat perfek is vir gesinne of groepe vriende.
Daar is 'n battery-rugsteunkragstelsel om die impak van beurtkrag so veel as moontlik te verminder.
Uit-Eindelik 1 is die boonste eenheid en bied slaapplek aan tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Hierdie 2 kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe en brei uit na die sitarea wat met gemaklike sitplek en 'n TV gemeubileer is. Gaste het toegang tot gratis WiFi regdeur die huis.
Die vermaakarea beskik oor 'n lieflike etenstafel met 'n braai-area net langsaan. Hier kan gaste 'n bietjie gesinstyd geniet met die see-uitsigte in die agtergrond.
Uit-Eindelik 2 is die onderste eenheid en kan tot 2 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe en brei uit na die sitarea wat met gemaklike sitplek en 'n TV gemeubileer is. Gaste het toegang tot gratis WiFi regdeur die huis.
Die vermaakarea beskik oor 'n lieflike etenstafel met 'n gasbraai-area net langsaan. Hier kan gaste 'n bietjie gesinstyd geniet met die see-uitsigte in die agtergrond.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Duikerweg 16, Reebok, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Uit-Eindelik het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duikerweg 16, Reebok, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang