Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Uitspanning Gastehuis

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 15B, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Uitspanning Gastehuis bied gerieflike oornagverblyf in die hartjie van Vredendal. Dit is ideaal vir enkelreisigers of 'n groep aangesien die verblyf ook as 'n geheel bespreek kan word.

Verblyf is in 3 slaapkamers wat elk slaapplek aan 2 gaste bied, beskikbaar. Kamer 1 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Kamer 2 het 2 enkelbeddens en daar is 'n koningingrootte-bed in Kamer 3. Gaste in hierdie twee kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike leefarea met 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix, Prime Video en Showmax. Gratis WiFi is beskikbaar.

Verder is daar 'n binnenshuise braai en 'n etenstafel. Buite is daar 'n lieflike, beskutte stoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Die verblyf het ook sonkrag met 'n rugsteunbattery indien daar beurtkrag is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Langstraat 15B, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Uitspanning Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 15B, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe67e3a6469d0928727832a34d244332875602bf44c9d5d7b73ec65f21af7f60eefbcb125e8466038294a9323b073624d587f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 15B Lang Street Vredendal 8160 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -31.67165288585 18.505828887612

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang