Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

U.R.B.A.N on St. John

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St John-straat 170, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

U.R.B.A.N on St. John is 'n moderne, netjiese selfsorg-eenheid wat ten volle toegerus is in die hartjie van Oudtshoorn. Die eenheid is ook toegerus met ‘n sonkragstelsel en spring dus beurtkrag vry. Die huis is ideaal vir 'n gesin of vriendegroep wat die area wil verken.

Die verblyf beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. 'n Ekstra opblaasmatras is ook beskikbaar. Die badkamer het 'n stort en 'n bad en daar is 'n aparte toilet.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Showmax, Netflix en gratis WiFi.

Braaigeriewe en veilige parkeerplek agter 'n geslote hek is beskikbaar.

Die eenheid is naby Oudtshoorn se gewildste eet- en drinkplekke, asook die Jagers-sportkompleks en tartanbaan, en NA Smit-swembad. Die verblyf maak van sonkrag gebruik en gaste sal nie deur beurtkrag geraak word nie, maar sal ongelukkig nie lugversorging kan gebruik nie.

Gaste kan die volstruisplase, Swartbergpas en die Kangogrotte besoek. Die Meiringspoort-waterval, prentjiemooi Matjiesrivier en unieke Karoo-wynplase is ook nabygeleë.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nicolize D
Gesin met tieners
5.0
Sal beslis weer daar gaan bly. Ligging, netheid, veiligheid perfek. Wat jy benodig. Vriendelike gasvrou.
Jun 2024
Albert W
Saam met vriende
5.0
Waarde vir geld! Alhoewel die straat baie besig was, was dit veilig, netjies, en baie goed geleë vir verkenning in en om die dorp. Loopafstand van die...
Sien meer
Jun 2024
Welma V
Gesin met tieners
5.0
Sal. Baie netjiese plek, goed geleë. Stapafstand sal perfek wees vir KKNK verblyf.
Mrt 2024
Jim A
Saam met lewensmaat
5.0
Was aangenaam. Ek sal waardeer indien een of twee TV-kanale bygevoeg kan word. Nie baie Netflix-aanhanger nie.
Aug 2023
Erone V
5.0
Verblyf tydens KKNK. Goeie diens, goed geleë en ongelooflike goed toegeruste eenheid met baie aandag aan detail. Ons sal verseker terug wees. Baie dan...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Danielle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • St John-straat 170, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink U.R.B.A.N on St. John het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St John-straat 170, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA625ed1bda9e2aa99645beefd5dbfa567a77b92746d95d69ef1a24744f72580372c3d487823caf6e5975d011122fa9a4369b7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 5) 11 5 1 5 170 St John Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -33.589276622727 22.194096052115

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang