Valley of the Rainbow Flyfishing Estate and Nature Retreat
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D211, Konterdanskloof, Dullstroom, 2252, Mpumalanga
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Valley of the Rainbow Flyfishing Estate and Nature Retreat is 'n wilderniswegbreek naby Dullstroom en word deur berge, inheemse woud en riviere omring. Dit is op die top-toeristeroete tussen Johannesburg en Pretoria, en die besienswaardighede op die oostelike platorand en die Laeveld-streek in Mpumalanga geleë.
Verblyf is beskikbaar in verskeie eenhede waaronder die Mill Room, The Mill, die Log Cabin, tent-chalets vir 2 of 4 gaste, en in die Country House.
Watermill is in die 19de eeu gebou en is as 2 aparte kamers, genaamd The Mill en The Mill Room opgeknap. Elke kamer het 'n pragtige uitsig oor die dam, die woud en op die berge.
Country House is in ’n klassieke plaasstyl versier en het 5 gerieflike dubbelkamers wat elk ’n en suite-badkamer het. Dit het toegang tot die stoep wat pragtige uitsigte oor die vallei en op die berge bied. Dié eenheid is selfsorg en het plek vir 10 gaste.
Die tent-chalets is vir meer avontuurlustige gaste wat die natuur wil ervaar. Elke tent het ’n en suite-badkamer, 'n kombuisie, en ’n dek wat pragtige uitsigte van die heuwels, damme en vallei het.
Die Log Cabins is in die inheemse woud en is afgesonder. Die eenslaapkamerkothuise het plek vir 2 gaste om 'n koninggrootte-bed, asook 'n en suite-badkamer met ’n bad, stort, en aparte toilet. Daar is 'n smeulstofie in die sitarea wat 'n intieme atmosfeer vir paartjies bied.
Kom ontspan in die natuur, kyk sterre op 'n nagwandeling, stap na die berg se rotspoele en ontdek die kuns van kunsvlieghengel in die streek se waterweë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Jamie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 163
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Langs die D211, Konterdanskloof, Dullstroom, 2252, Mpumalanga
- Gaste dink Valley of the Rainbow Flyfishing Estate and Nature Retreat het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 40 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D211, Konterdanskloof, Dullstroom, 2252, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang