Verbe Farm - Tillie's House
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N7, No Heep Plaas, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Vanaf R3 950 per nag, vir 11 mense
Beskrywing
Verbe Farm - Tillie's House is op die plaas No Heep in die Kamieskroon-distrik en bied die geleentheid om 'n outentieke Namakwalandse ervaring te geniet wat soveel het om vir gaste te bied wat die omgewing betref.
Dié kothuis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 'n stapelbed in die leefarea. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort, terwyl die ander 2 badkamers albei 'n stort het.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en oond, yskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Dié leefarea het ook 'n binnebraai.
Daar is geen elektrisiteit nie, maar dit werk met gas. Die bestuurders verskaf herlaaibare LED-ligte, kerse en lampe. As gaste enige toestelle moet herlaai, kan dit by die hoofhuis gedoen word.
Die plaasverblyf weerspieël die ou Namakwalandse kultuur en is tussen Garies en Springbok, 12 km noordoos van Kamieskroon en net 8 km vanaf die N7. Kamieskroon-distrik, die hartjie van die blomland, maak Verbe die beste plek om die pragtige natuurwonders van Namakwaland te verken. Dit word omring deur berge. Die bekende Namaqua Nasionale Park is net 47 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Santa Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 143
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Langs die N7, No Heep Plaas, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Kamieskroon Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N7, No Heep Plaas, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang