Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ballito Villa 86

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Douglas Crowe-rylaan, Ballito Village 86, Ballito, 4020, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ballito Villa 86 is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne kenmerke wat in die veilige Ballito Village-kompleks geleë is en is ideaal vir 'n paartjie wat die onvergeetlike Dolfynkus wil verken.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n knus slaapkamer wat direkte toegang tot die balkon het en 'n koningingrootte-bed het. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Hierdie oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n etenstafel met 3 sitplekke. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Die sitkamer maak ook oop op die eenheid se balkon.

Die kompleks bied 'n verskeidenheid doendinge soos 'n gemeenskaplike swembad, 'n klubhuis, 'n restaurant op die perseel, 'n gimnasium en 'n speelarea vir kinders. Ballito Village is net 2 km weg wat talle winkels en restaurante het en King Shaka Internasionale Lughawe is 21 km weg.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis

Ligging

  • Douglas Crowe-rylaan, Ballito Village 86, Ballito, 4020, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordkus KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Douglas Crowe-rylaan, Ballito Village 86, Ballito, 4020, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53ec163d074ed70aabf0ecf3b629566efb5403699e46bf9e1f56f470eb9231b9d1c6bdb3f08f6fa0b9663701368260318147?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) Douglas Crowe Drive Ballito Village 86 4020 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -29.5319371 31.1948285

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang