Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa du Hattingh

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutiekatz-weg 47, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 800 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Villa du Hattingh is 'n ruim selfsorgvakansiehuis wat aan die seefront van Yzerfontein geleë is. Hierdie huis spog met 'n asemrowende 180-grade see-uitsig sowel as pragtige Weskus-sonsondergange wat sorg vir 'n onvergeetlike wegbreek saam met familie en vriende.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 9 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is apart van die hoofhuis geleë en het 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die oorblywende 2 badkamers is ingerig met 'n stort en 'n bad, onderskeidelik. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Hierdie sitkamer lei na 'n tweede sitkamer met gemaklike sitplek en is 'n ideale plek vir 'n oggendkoffie terwyl jy die uitsigte bewonder.

Hierdie leefarea maak oop op 'n houtbalkon met buitesitplek waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet. Braaigeriewe is ook op die perseel beskikbaar. Gaste kan heerlike staproetes naby geniet en die dolfyne en walvisse bewonder wat gedurende die maande van September tot Desember 'n verskyning maak.

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jan V
5.0
Te kort. Die huis is ruim en goed toegerus met 'n asemrowende uitsig. Geen rede om die dorp te verken nie. Kan heerlik in die huis ontspan en die uits...
Sien meer
Nov 2024
Venolea R
Saam met vriende
5.0
We enjoyed every moment. Yzerfontein is safe and absolutely tranquil. Nothing short of awesome! Thank you, Elana, for an amazing break ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Imke V
Gesin met klein kinders
5.0
Beste ligging en baie netjiese huis! Dankie vir 'n heerlike naweek! Ongelooflike lekker huis, alles wat ons nodig kon hê!
Mei 2024
Dirk K
5.0
Onberispelike vyfster verblyf. Baie dankie vir onberispelike verblyf in Yzerfontein. Alles was perfek - van die reëlings met die eienaar tot die stand...
Sien meer
Apr 2024
Jakes M
Saam met vriende
5.0
We will stay here again. The house was very well equipped. Only complaint was that no outside deck chairs were supplied on the front ve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Lutiekatz-weg 47, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa du Hattingh het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutiekatz-weg 47, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50035c4a235cbe2f304089e6f27bbcb7f89b8c6365ffbfc8e09093c80e8a4ba2a75e35354cae90a98bbd7a116ea756f8c071?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag (plek vir 9) 11 5 1 5 47 Lutiekatz Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.350099772533 18.147532653967

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang