Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Mimosa

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dumra-laan 1, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa Mimosa is in Umhlanga, Durban, en bied gehalteverblyf aan sakereisigers of vakansiegangers. Dis naby die Gateway Theatre of Shopping wat verskeie winkels en restaurante het, asook die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die verblyf beskik oor 3 stylvolle kothuise.

Bougainvillea Cottage is 'n oopplan-eenheid met oop dakbalke, 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek. 'n TV met DStv en gratis WiFi is beskikbaar. Dié eenheid het ook 'n privaat, tropiese tuin met braaigeriewe.

Palm Cottage het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dit het ook 'n kombuisarea met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. 'n TV met DStv is beskikbaar en gaste het toegang tot gratis WiFi. Dié oulike kothuis het 'n lieflike tropiese tuin waar gaste kan ontspan en braai.

Wisteria Cottage is 'n kompakte ateljeekamer met sy eie tuin en braaigeriewe. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n hoekbad en 'n stort. Die kombuisie het 'n mikrogolfoond, yskassie en 'n induksiestoofplaat. Daar is 'n lessenaar, 'n sitarea en 'n onderdakstoep. Lugversorging, DStv, WiFi en gratis parkeerplek is beskikbaar.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Ligging

  • Dumra-laan 1, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dumra-laan 1, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd8bb16edb115cd0693ef1584e220e4dda597c81668e50a6cde00d2e5ad3f062e03713b139ddf90d8b9bb94d48cf93a3cfe6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 1 Dumra Avenue Umhlanga 4319 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.719435535851 31.081436942748

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang