Villa Villiers
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 26 Aug 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mullerstraat 19, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 000R2 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Villa Villiers is 'n ruim, historiese selfsorghuis in Villiersdorp wat uit die 1950's dateer en liefdevol opgeknap is. Die geskiedenis smelt mooi met die moderne afwerkings saam en skep 'n warm ruimte wat ideaal vir 'n familie- en vriendewegbreek is.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank, die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die 2 badkamers het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Langs die kombuis is daar 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n toegeboude stoep met 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die tuin. Parkeerplek is op die perseel agter 'n sekuriteitshek beskikbaar. Die Theewaterskloofdam is net 10 minute ver en Franschhoek, Worcester en Caledon is ook net 'n entjie se ry ver.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Mullerstraat 19, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Villiersdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mullerstraat 19, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang