Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Viva-Africa

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timothystraat 346, Waterkloof Glen, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Viva-Africa is in Waterkloof Glen geleë, 'n luukse voorstad van Pretoria. Die gastehuis spog met rustige atmosfeer in 'n skouspelagtige omgewing met sy pragtige onthaalareas, pragtig versorgde tuine, groot palmbome en volop voëllewe.

Verblyf word in 4 en suite-kamers aangeboed en elke kamer het sy eie ingang. Al die kamers is individueel versier met 'n kontemporêre, Afrikaanse styl en met 'n yskassie, 'n TV en gratis WiFi toegerus.

Die gashere praat Duits en Engels. Tuisgemaakte maaltye is beskikbaar indien dit vooraf gereël word. Daar is soveel om te doen: ontspan langs die swembad, geniet 'n tradisionele braai of drink 'n skemerkelkie terwyl die uitsig oor die stad jou betoor. 'n Pendeldiens vanaf en na die Johannesburgse lughawens en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Viva-Africa is minder as 30 minute se ry vanaf die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Die gastehuis is naby winkelsentrums soos Menlyn Mall en Menlyn Maine, Times Square Casino, besigheidskomplekse, hospitale, Hatfield Christian Church, ambassades en 'n paar van die mees gesogte gholfbane in die omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Wolfram Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Timothystraat 346, Waterkloof Glen, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Viva-Africa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timothystraat 346, Waterkloof Glen, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwMmQ1NWRlLWRlMDAtNDVhZC05NjFhLWQxYjVkMzllNDUzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 346 Timothy Street Waterkloof Glen 0181 Gauteng 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.801509117424 28.273202776909

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang