Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vredelus Plaas Verblyf

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vredelus Plaas, Langs Newstraat, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Vredelus Plaas Verblyf is op 'n werkende plaas geleë. Dit grens aan die dorp en is stapafstand van winkels en restaurante in die dorp af. Die voorstoep bied lieflike uitsigte oor die Swartberge. Die vriendelike Schoeman-gesin bly ook in die hoofhuis.

Die huis word nie as geheel verhuur nie. Gaste kan óf een van die kamers in die huis óf 'n selfsorg-eenheid bespreek. 'n Ruim sitkamer is beskikbaar.

Die Selfsorg Eenheid 1 is op die hoofhuis se stoep en het sy eie ingang. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n privaat badkamer met 'n stort, asook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, stoof en oond, 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasbak. Braaigeriewe is beskikbaar.

Die Selfsorg Eenheid 2 is 'n tuinwoonstel apart van die hoofhuis. Dit is groot en het 'n leefarea, kombuis en 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Braaigeriewe is beskikbaar.

Daar is herlaaibare ligte in die eenhede. Die Wi-Fi sal aan bly tydens beurtkrag.

Vredelus het ook 'n lekker, groot swembad en die plaas bied verskeie stap- en fietsryroetes. Die tuin het swaaie en 'n trampolien vir kinders. Kinders sal ook verheug wees oor die plaasdiere soos skape, volstruise en beeste.

Vredelus Plaas Verblyf is troeteldier- en kindervriendelik. Verskeie restaurante is binne 'n kort entjie se stap van die plaashuis af geleë.

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 90 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Andre W
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike plaas ervaring. Heerlike rustige plaas ervaring. Ons sal vir seker weer daar oornag. Dankie dat ons ons dierekind kon saambring. Sy het dit o...
Sien meer
Okt 2024
Annemarie V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was vrede op Vredelus! Baie netjies en gerieflik. Die plaashuis laat mens terugverlang na lank terug. Almal baie vriendelik en behulpsaam. Werkers...
Sien meer
Sep 2024
Sakkie S
5.0
Baie gerieflik en netjiese plekkie om te bly. Het al voorheen hier oornag en het weer gebruik gemaak van die geriewe om die rustigheid en veiligheid t...
Sien meer
Sep 2024
Sakkie S
5.0
Hier is nou spasie vir 'n mens se siel om die plaaslewe te ervaar. Die woonstel is baie netjies ingerig op die stoep van die ou groot plaashuis en is ...
Sien meer
Aug 2024
Andrew D
Saam met lewensmaat
5.0
Ideaal vir ons doeleindes. Baie lekker gebly. Stil en rustig. Gerieflik.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Alsje Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 90

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vredelus Plaas, Langs Newstraat, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vredelus Plaas Verblyf het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vredelus Plaas, Langs Newstraat, De Rust, 6651, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIZQdVkpLzWzaOKIBeqEke8Z235ltxvwqZ3UXRXzHIjk5Zrt7OB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 90 5 1 5 Farm Vredelus Off New Street 6651 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.490551445127 22.540348470211

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang