Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waaihoek Private Game Farm and Lodge

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Waaihoek Plaas, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Waaihoek Private Game Farm and Lodge is reg op die oewer van die Vaalrivier en sowat 10 km vanaf Warrenton op die N12 geleë.

Die plaas bied 2 selfsorg-eenhede en 1 lodge wat uit 4 houthutte bestaan. Die aparte selfsorg-eenhede bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Dié eenhede beskik oor 'n oopplan-leefarea en -kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, lugversorging, breekware en eetgerei. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Van die leefarea af lei 'n houtdek met 'n buite-eetstel en 'n gasbraai. Die dek kyk uit oor die plaas met ononderbroke uitsigte oor die Vaalrivier.

Schoonuitsicht is 'n lodge wat bestaan uit 4 houthutte wat deur 'n houtpaadjie verbind word. Twee van die houthutte is ingerig met 2 dubbelbeddens en die ander twee hutte is ingerig met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Elke hut het 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die lodge het 'n oopplan-leefarea en -kombuis asook 'n aparte buite-ablusiegeriewe met 'n stort, toilet en wasbak. Die groot oopplan-leefarea het 'n sitkamer met gemaklike leerbanke en 'n TV met DStv. Die kombuis is toegerus met 'n dubbelskuifdeur-yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, 'n ysmaker, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien en lugversorging. Van die leefarea af lei 'n houtdekarea met 'n privaat kroeg, 'n gasbraai, buitemeubels, alles wat oor die Vaalrivier uitkyk. Die lodge het sy eie parkeerarea en 'n swembad.

Doendinge op die plaas sluit 'n 4 km-roete langs die rivier, visvang, wildkyk, voëlkyk en 'n veteraanmotorversameling in om te besigtig.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Juan C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie baie baie lekker! Ons het so baie lekker gebly, bietjie wegkom. Die rustigheid en die mooi natuur sal 'n mens se hart steel.
Sep 2024
Jeanette P
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek puik ligging. Sien sterre.
Mei 2024
Maria R
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Dit was fantasties en dis die mooiste plek, baie dankie vir julle puik diens.
Apr 2024
Relda T
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, alles wat ons nodig het, vriendelik, gasvry, asemrowende uitsig. Gasvrye, behulpsame mense wat uit hulle pad gegaan het om ons welkom te laat ...
Sien meer
Mrt 2024
Danie F
Saam met lewensmaat
5.0
Kos vir die siel! Die ligging van die lodge en kamers is perfek geleë langs die rivier waar die water oor die klippe druis. Bedrywige natuurlewe, ons ...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jopie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • N12, Waaihoek Plaas, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Gaste dink Waaihoek Private Game Farm and Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Waaihoek Plaas, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlNmQ2ODE5LWFhMTMtNDcwNy04ZTRmLTRiNGQwOTYwOTE3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 N12 Waaihoek Farm 8530 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.139243540053 24.780150828883

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang