Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Walker's Stay

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ruby-weg 14, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Walker`s Stay is 'n selfsorg-eenheid op die tweede verdieping van die eienaar se perseel in Noordhoek. Die eenheid is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders wat die natuurskoon van die 'Deep South' in Kaapstad wil ervaar.

Die woonstel het sy eie ingang, veilige parkeerplek agter 'n hek en is heeltemal apart van die hoofhuis. Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Vars linne en donserige handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea het gemaklike stoele en 'n TV. Gratis WiFi word voorsien.

Gaste kan van die verhitte swembad gebruik maak en die heerlike stoep aangrensend tot die woonstel het 'n Weberbraai. Gaste moet asb. hulle eie braai-brikette saambring.

Die eienaar, Delon, is 'n gekwalifiseerde SAMSA-skipper en het sy eie privaat diepseehengelboot, Heliox. Gaste kan diepseehengel of sonsondergangbootritte geniet, mits dit vooraf met die eienaar gereël word.

Daar is ander doendinge soos wynproe, fietsry om Kaappunt, hardloop op Chapman's Peak of voetslaan op die nabygeleë Tafelberg Nasionale Park se roetes.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

3

1 x Enkelslaapbank

1 x Dubbelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Henko V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, mooi en lekker. Baie lekker rustig gebly. Baie vriendelike mense en pragtige omgewing.
Okt 2024
Elizane B
Gesin met tieners
5.0
Gasvry, vriendelik. Ek het my terdee geniet, veral my kinders en die ontvangs was baie goed en die huismense was baie vriendelik.
Mrt 2024
Annalien S
5.0
Baie aangename plekkie toegerus met als wat mens benodig. Swembad was 'n bonus. Het ons verblyf baie geniet.
Mrt 2024
Hanita S
5.0
Dit was baie aangenaam. Ons het baie lekker gebly, die woonstel is baie gerieflik en die area is baie stil en veilig.
Mrt 2024
Marilize H
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties! Ons verwagtinge is oortref! Kon nie vir beter gashere gevra het nie! Was regtig 'n aangename ervaring!
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Claret Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Ruby-weg 14, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Gaste dink Walker's Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ruby-weg 14, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA73ede1914043514d639fd3b9f772869c534641056f8bc50e515fabde7b1ca6f665bf316fe67de6bb6769c6ddcd3d9321c76d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 5 mense 35 5 1 5 14 Ruby Way San Michel 7979 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -34.10694 18.39528

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang