Lowestoffe Country Lodge: Walnut Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lowestoffe-plaas, Hogsback, 5310, Oos-Kaap
- Vanaf R5 064 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Lowestoffe Country Lodge: Walnut Lodge is 'n bekoorlike ou plaashuis met houtvloere net 26 km vanaf die skilderagtige dorp, Hogsback. Hierdie dorp is bekend vir sy natuurlike skoonheid, die Amatola-berge, die welige inheemse woude, watervalle en pragtige voetslaanroetes.
Hierdie selfsorghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n kaggel en 'n knus rusbank. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, oondjie, ketel, yskas-vrieskas en 'n toonbank geskik vir 2 gaste toegerus is. Die ander 2 badkamers het 'n bad of 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel en 'n yskas-vrieskas toegerus. Al die nodige eetgerei en breekware is beskikbaar, asook 'n sentrale etenstafel met stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en stoele waar gaste saam maaltye kan geniet en die uitsig oor die dam kan inneem. Gaste kan ook hier kunsvlieghengel. Parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Lowestoffe-plaas, Hogsback, 5310, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Amathole-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lowestoffe-plaas, Hogsback, 5310, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang