Warrens Guest House
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mill-weg 15, Hillcrest, Pinetown, 3610, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 680 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Warrens Guest House is 'n pragtige gastehuis in die rustige, klein dorpie Hillcrest in KwaZulu-Natal.
Die verblyf word in 6 dubbelkamers, 1 tripelkamer en 2 kothuise gebied. Elke dubbelkamer het 'n koninggrootte-bed of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, of 'n bad en 'n stort. Die tripelakmer is 'n losstaande eenheid met 'n koninggrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die Dover-kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die slaapkamer op die boonste verdieping het 1 enkelbed en 'n dubbelbed, en die slaapkamer op die onderste verdieping het 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n stort.
Die Dorset-kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Ekstra geriewe sluit 'n braai-area, binnenshuise kaggel, swembad, Nags Head Honesty Bar en The Yellowwood Dining Room in. Gaste het toegang tot gratis WiFi en veilige parkeerplek. ’n Nagbestuurder is ook aan diens.
Warrens Guest House is sentraal geleë in die sentrale sakegebied en naby die hoofweë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Nigel & Sue Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Mill-weg 15, Hillcrest, Pinetown, 3610, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Warrens Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mill-weg 15, Hillcrest, Pinetown, 3610, KwaZulu-Natal