Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

WestBed -The Legend

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Troonstraat 25, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

WestBed -The Legend bied gerieflike oornagverblyf in Langebaan. Die gastehuis is sentraal in die welbekende Langebaan Country Club-area en binne loopafstand van die Country Club Gholfbaan geleë. Dié sonderlinge strandmeerdorp is die ideale basis vanwaar gaste die Weskus en sy besienswaardighede kan verken.

Die lieflike kamer bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n leefarea en slaaparea alles in een. Die suite het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Toiletware, linne en badhanddoeke word voorsien. Die kamer is met 'n yskassie, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n privaat stoep en 'n tuin met 'n klein tafel en 2 stoele. Parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Aktiwiteite en besienswaardighede in die area sluit die Langebaan-strandmeer, Country Club Gholfbaan, Club Mykonos Casino, Weskus Nasionale Park, swem, jetski, duik, vlieërbranderry, visvang en seekajakvaart in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Peter James P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige kuier in Langebaan. Plekkie het 'n rustige atmosfeer, is klein maar tog voel dit ruim en gemaklik. Stil area met min verkeer.
Mrt 2024
Connie V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly. Gerieflik en skoon. Stil omgewing was baie goed na 'n besige dag! Die kommunikasie vanaf die gasheer was fantasties! Ons het presies ge...
Sien meer
Nov 2023
Shannen S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome stay! Johan was really a great host. We spent 1 night but it was a great night! Thanks so much!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2023
Cilmie G
5.0
Skoon, netjies, alles wat ek benodig het. Net een aand oorgeslaap vir werksdoeleindes. Johan se kommunnikasie vooraf was baie goed in terme van self c...
Sien meer
Mei 2023
Sandy D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was soos 'n Shangrila - 'n ideale rusplek vir die siel en ook liggaam - weg van die normale geroesemoes van die moderne lewe. Ons is na 'n troue b...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 60

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Troonstraat 25, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink WestBed -The Legend het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Troonstraat 25, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe088a984e7003ec42f9b56c2ec6c395f1acac82d9b861dad559fabde15b662701984efa72ff1fe63bc7271b621e73f8f1e41?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 25 Troon Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.084477637812 18.044870652613

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang