White Bridge Farm
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, 8 km van Wolseley af, 6830, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
White Bridge Farm is 'n prentjiemooi vrugteplaas langs die Breederivier omring deur asemrowende berge. Dit is ideaal vir gaste wat 'n troue by Olive Rock bywoon, vir natuurliefhebbers, buitelug-entoesiaste, wynkenners en diegene wat van die stad wil ontsnap. Die plaas is naby Wolseley, Tulbagh en Ceres.
Verblyf word in 2 gastekamers en 3 selfsorg-eenhede aangebied. Gastekamer 1 en Gastekamer 2 het albei en suite-badkamers met storte. Die 3 selfsorg-eenhede is Otters Landing en Dixion's View wat elkeen slaapplek vir 4 het, en Whisky Yankee wat slaapplek vir 5 het. Al die eenhede, behalwe Gastekamer 2 het kaggels vir die winter, maar daar is waaiers in al die eenhede vir die somermaande. 'n TV kan op versoek in sommige eenhede gesit word.
Gaste kan in die kristalhelder rivierpoele baljaar of 'n potjie tennis op die tennisbaan in die tuin by die hoofhuis geniet. Daar is fantastiese staproetes op die plaas, uitstekende voetslaanroetes in die omliggende berge, asook voëlkyk- en hengelgeleenthede op die plaas.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Peppi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- R43, 8 km van Wolseley af, 6830, Wes-Kaap
- Gaste dink White Bridge Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Breederiviervallei Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, 8 km van Wolseley af, 6830, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang