@ Wild Game Lodge
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sendlingsfontein, Klerksdorp, 2571, Noordwes
- Vanaf R5 850 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
@ Wild Game Lodge is 'n rustige, aardse selfsorg-wegbreekplekkie op 'n 200 ha wildplaas 3 km van die N12 af, en net 35 km vanaf Klerksdorp. Die selfsorg-eenheid is ideaal vir toeriste en gaste wat die buitelewe geniet. Die lodge is naby verskeie trou-venues soos Bona-Bona en Grootbosch en dus gerieflik geleë vir alternatiewe akkommodasie.
Die eenheid het 2 slaapkamers en kan 7 gaste in totaal akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer bo het 3 enkelbeddens wat lei na 'n dek buite wat oor die plaas uitkyk. Die tweede badkamer is 'n aparte privaat badkamer met 'n bad en stort. Op die onderste verdieping is 'n ruim oopplan-sitkamer met 'n dubbelslaapbank en 'n volledig toegeruste kombuis. Die sitkamer maak oop op die onderdakstoep met gemaklike rusbanke, 'n tafel met 6 sitplekke en gasbraaigeriewe. Die buite-area het 'n pragtige swembad met 'n houtdek waar gaste die asemrowende bosveld-omgewing kan geniet, sowel as 'n oopvuur-boma. Die eenheid maak van sonkrag gebruik.
Die eenheid het onderdakparkeerplek vir 2 motors en word daagliks skoongemaak. Doendinge by die lodge sluit wildritte, bergfietsry, baarsvang (vang en vrylaat) en voëlkyk in. Jy kan die Afrika-bosveld op sy beste ervaar met meer as 12 spesies van vlaktewild insluitend: swartwitpense, rooibokke, kameelperde, waterbokke, rooihartebeeste, springbokke, gemsbokke, sebras, volstruise, elande, ens.
Gaste kan op wildritte met hulle eie voertuie gaan aangesien 90% van die paaie toeganklik is vir 'n normale sedan en al die paaie toeganklik is vir 'n 2x4-bakkie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hannetjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Sendlingsfontein, Klerksdorp, 2571, Noordwes
- Gaste dink @ Wild Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordwes
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sendlingsfontein, Klerksdorp, 2571, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang