Imbabali Retreat & Venue Wild Olive Chalet
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
- Vanaf R3 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Imbabali Retreat & Venue Wild Olive Chalet is ’n versteekte juweel in Hekpoort in Magaliesburg, net ’n uur vanaf Johannesburg en Pretoria. Die kothuis skuil tussen die voorheuwels van die majestueuse Magaliesberge waar daar ’n ryk geskiedenis en ’n rits buitemuurse aktiwiteite is.
Dié kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede, aparte badkamer het 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Buite is daar 'n privaat stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis op die perseel beskikbaar.
Imbabali Retreat & Venue bied ’n rustige en ontspannende omgewing met ’n klimraam vir die kinders en ’n restaurant wat ontbyt, middagete, aandete en peuselgoed bedien. Ontbyt kan teen ’n ekstra koste by die kothuis bedien word. ’n TV en gratis WiFi is by die restaurant beskikbaar of gaste kan die geriewe vir konferensies, vergaderings, funksies, troues en spanbou-sessies bespreek. Houtskool, hout en ys is teen ’n ekstra koste beskikbaar.
Imbabali Retreat & Venue is ’n toevlugsoord vir natuurentoesiaste en spog met ’n diverse oorvloed fauna, flora en voëllewe. Die Magaliesberge is die tuiste van 450 voëlsspesies, insluitend die kransaasvoël, grootswartooievaar en witrugnagreier. ’n Gedetailleerde voëllys vir die area is vir kranige voëlkykers beskikbaar.
Daar is ’n verskeidenheid aktiwiteite vir elke lid van die gesin op die perseel. Vir hengelaars is daar baars, karp, kurper en geelvis om op ’n vang-en-vrylaatbasis te vang. Gaste kan die perseel verken, voëlkyk of ’n spa-behandeling bespreek. Die verblyf beskik oor ’n swembad, veerpyltjiebord, tafeltennis en ’n biblioteek wat gaste kan gebruik.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Catherine Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 22
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
- Gaste dink Imbabali Retreat & Venue Wild Olive Chalet het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang