Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Withuis

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraalweg 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Withuis is in die gewilde kusdorp Hartenbos op die wêreldbekende Tuinroete geleë, net 8 km van die historiese Mosselbaai af en 40 km van George Lughawe af.

Verblyf word in 8 selfsorgwoonstelle en 'n gastekamer aangebied. Daar is 6 eenhede wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het, 1 eenheid met slaapplek vir 4 gaste en Carel het slaapplek vir 5 gaste (2 volwassenes en 3 kinders).

Elke eenheid het 'n kombuis met 'n mikrogolfoond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, breekware en eetgerei. Al die eenhede het hulle eie braaigeriewe.

Die eiendom het batterye en sonpanele wat elektrisiteit tydens beurtkrag voorsien.

Die Hartenbos Seafront-kompleks is 600 m van die Withuis af en spog met 'n pretpark, waterpark en mini-gholf wat ure se pret verskaf, sowel as restaurante, winkels en 'n verhitte binnenshuise swembad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 227 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hermanus M
Saam met lewensmaat
5.0
Aan te beveel. Goeie waarde vir geld.
Mrt 2025
Carin D
Gesin met tieners
5.0
Was ideaal vir ons vinnige oornag-stop. Pragtige plek. Baie netjies en gemaklik.
Mrt 2025
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Die plekkie is gerieflik ingerig - als wat mens nodig het! Baie mooi, skoon en netjies; ons het lekker gebly!
Mrt 2025
Ken V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Die verblyf was baie lekker en veilig.
Mrt 2025
Thinus V
Saam met lewensmaat
5.0
Eenhede baie netjies, goed toegerus. Fantasties lekker gebly.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 227

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Paardekraalweg 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Withuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraalweg 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1c8e7789ba373d2c9a9a6c96c1519efbd17395bfa464c87b33aecf8cafe2e087b4197a14893e6759be5b8263686d9701c82f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 227 5 1 5 2 Paardekraal Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.132461 22.114094

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011