Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Witteberg Nature Reserve

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Elandskloof, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 344 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Witteberg Natuurreservaat is sowat 250 km vanaf Kaapstad in die hartjie van die Witteberge, halfpad tussen Touwsrivier en Laingsburg en suidwes vanaf die historiese Matjiesfontein.

Dié selfsorgverblyf bied ’n woonstel met slaapplek vir 5 in 2 slaapkamers en daar is ’n slaapbank in die leefarea. Verder is daar ’n vierslaapkamer-woonstel met 2 slaapkamers, ’n oopplan-woonstel met slaapplek vir 2 en ’n rustieke, historiese kothuis met slaapplek vir 8, waar gaste ook kan kamp. Ons eenhede is ten volle gemeubileer en toegerus vir selfsorg en sluit linne en handdoeke in. Daar is eetgerei, breekware en meeste kombuistoebehore wat jy sou benodig. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar.

Ons water voldoen aan SABS standaarde vir huishoudelike doeleindes en menslike gebruik. Bring net jou eet- en drinkgoed saam – daar is geen winkels in die reservaat nie en ons bied nie maaltye nie.

Die reservaat strek oor 4365 hektaar bergagtige terrein, en vorm 'n oorgangsgebied tussen die Klein Karoo en Groot Karoo. Ons hooffokus is die bewaring van die Witteberge se fynbos.

Betowerende bergtonele, artefakte vanuit die vroeë Steentydperk, kultuurhistoriese strukture en -ruïnes, interessante rotsformasies, wild, voëls, korsmosse, mariene spoorfossiele, drie Matjiesfontein fynbossoorte en ’n helder sterrehemel is genoeg om menige natuurliefhebber te betower.

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Verblyf is die berge, onbeskryflik mooi. Die natuurskoon slaan jou asem weg, die hele rit na die huisie toe, was die uitsigte ongelooflik. Ons het lek...
Sien meer
Aug 2024
Sonia S
Saam met lewensmaat
5.0
Die “remoteness” is medisyne vir die siel. Die rustieke klipkothuis is ‘n treat! Dis basies gemeubileer en toegerus vir selfsorgdoeleindes. Prentjiemo...
Sien meer
Jun 2024
Johannes J
5.0
Baie lekker. Heerlike plek om oor te slaap.
Okt 2023
Justin A
Saam met vriende
5.0
Wonderful stay, beautiful area. Would visit again. We had a wonderful stay at Witteberg Nature Reserve. A very beautiful area and would...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Alma P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi omgewing. Uitstekende verblyf met gasvrye ontvangs.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Frik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 72

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Elandskloof, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Witteberg Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 344
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 344
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Elandskloof, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1b568528f50234cbedbea9ba82833f9904df2d15ba720c772dcf79786c00fda53bcc6cff7f8939243fe499d6057e6060bd62?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 344 per nag, vir 2 mense 72 5 1 5 Elandskloof Laingsburg 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -33.3419 20.5074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang